Non ti piace? Non importa! Puoi restituire gli articoli fino a 30 giorni
Non puoi sbagliarti con un buono regalo. Con il buono regalo, il destinatario può scegliere qualsiasi prodotto della nostra offerta.
Dinge ontrafel vinnig wanneer iemand speuradjudant Storm van der Merwe se ma voor 'n trein op Paddington-stasie instamp. Storm moet Londen toe, al is sy tot oor haar ore met 'n moordsaak: Beebee Bukelwa Babu, befaamde Suid-Afrikaanse modeontwerper, le leweloos in 'n luukse hotel op Hermanus. Hande om Storm te help met die ondersoek n Beebee se dood is min, want protesaksie l die dorp lam. Boonop sweep 'n charismatiese profeet die skare tot 'n histerie op. Storm besef gou dit is nie net haar ma se lewe wat in gevaar is nie. Sy is self 'n teiken. Intussen probeer haar ekskollega, Andreas Moerdyk, nou 'n privaat speurder, om 'n skaars rooi diamant van onskatbare waarde op te spoor. Van Londen se donker strate tot Antwerpen se diamantebeurs, van Port Nolloth se verlate kuslyn tot Storm se geliefde Hermanus, ontvou die storie in Irna van Zyl se derde misdaadroman teen die pas van 'n sneltrein.
Ciao! Sono Libroamiko, il tuo consulente di libri.
Come posso aiutarti?