Non ti piace? Non importa! Puoi restituire gli articoli fino a 30 giorni
Non puoi sbagliarti con un buono regalo. Con il buono regalo, il destinatario può scegliere qualsiasi prodotto della nostra offerta.
Fino a 30 giorni per il reso
Magnus Wolmarans het sy eie wonderlike vliegmasjien. Met sy vliegmasjien kan Magnus amper enige plek in die wêreld gaan. Waar dink jy gaan Magnus vandag heen vlieg?
In hierdie storie gaan Magnus op 'n avontuur. Hy maak al sy voorbereidings, pak alles wat hy nodig het, en dan vertrek hy op sy vlug. Maar alles gaan nie heeltemal voor die wind nie. Magnus moet beide slim en dapper wees om sy vlug klaar te maak en weer veilig huistoe te kom.
Magnus Wolmarans en sy Wonderlike Vliegmasjien is die ideale slaaptydstorie. Dit vertel die storie van Magnus se opwindende dag. Maar aan die einde kom hy veilig huistoe na sy eie bed en kamer. Dieselfde manier wat ons almal as kinders geweet het dat die dag mag rof wees, maar by die huis sal alles weer reg wees.
Ook beskikbaar in Engels as: Magnus Archibald and his Amazing Flying Machine
en as 'n Afrikaanse of Engelse Inkleur Boek
I.M. Gerhi
I.M. Gerhi is Gerhi Janse van Vuuren se skrywer skuilnaam. Hy Bly in Randburg, Suid Afrika saam met sy vrou, twee tiener seuns en twee katte.
Met 'n professionele graad Gerhi is 'n gekwlifiseer as 'n skilder. Hy het ook 'n meesters graad in drama en het sielkunde, sosiologie en opvoedkunde gestudeer.
Gerhi was al 'n hoërskool kunsonderwyser, opvoedkundige beampte in 'n museum, voorraad bestuurder en krediet kontrole toesighouer.
Ciao! Sono Libroamiko, il tuo consulente di libri.
Come posso aiutarti?